Elke dag saam met Jesus

‘n Praktiese gids wat jou kind help om verhouding met Jesus te ontdek en  Christen  kernbeginsels  vas te lê.

Die beste geskenk wat jy vir ‘n kind kan gee is leiding tot ‘n intieme, persoonlike verhouding met Jesus. Dit is makliker gesê as gedaan! As ouer, grootouer of iemand met ‘n hart vir kinders, is dit verseker ‘n uitdagende taak om konsepte aan Laerskool kinders te verduidelik soos die Heilige Gees, wat die gawes is, hoe om God se stem te hoor en wat my skeppingsdoel is. Hierdie boek is jou praktiese gids wat dit maklik en pret maak! Kom leer en groei saam.

Wat dink ander?

Hettie  Brittz:

Skrywer,  spreker  en  stigter  van  Evergreen Parenting

en Tall Trees Temperament Profiele

Chanell maak met hierdie boek ons en ons kinders se lewens ryker. Sy maak die avontuur van Christenwees so prakties dat ons dit kan voel, ruik, hoor, sien en proe. En dít doen sy sonder om één kernwaarheid af  te  water.  Met  klokhelder  woorde  en  verstaanbare  beelde  word selfs die abstrakte konsepte soos geestelike gawes en die stem van die  Heilige  Gees  akkuraat  maar  eenvoudig  genoeg  verduidelik  vir elke kind wat die boek gaan lees en vir elke grootmens wat weer soos ‘n kind wil glo. Ek beveel hierdie uiters praktiese boek met my hele hart aan! Chanell het ‘n amazing stuk kreatiewe werk gedoen!

André Bronkhorst:

Stigter van X3DE Jeugkampe

en internasionale Profeet

Om geroep te word om in die lewens van die volgende generasie te belê is een van die grootste  roepings.  Die  boodskap  wat  relevant  is  vir  die  toekoms,  maak  hierdie  boek  en  die  skrywer betekenisvol. Chanell is ‘n uitstekende kommunikeerder met ‘n boodskap wat ewigheidswaarde het. Kinders en jeugdiges is die toekoms; dit is baie belangrik om nou daarin te belê. Sy het self baie hindernisse in haar persoonlike lewe oorkom en dra ‘n kragtige getuienis oor vergifnis. Die passie om ander op te lei en toe te rus brand steeds in die hart van die skrywer en oor die jare bewys sy haar toegewydheid aan die roeping van God. Om kinders op ‘n vroeë ouderdom bekend te stel aan die stem  van  God  en  die  Heilige  gees,  sal  dit  makliker  maak  vir  hulle  om  geestelik  te  groei  en  ‘n lewenslange hegte vriendskap met die Heilige Gees te ontwikkel. Ek beveel hierdie boek sterk aan vir elke ouer en kind. Dit sal ‘n stewige grondslag lê om ‘n vaste toekoms te bou. Ek glo vas dat ‘n ware koninkryksburger altyd die volgende generasie in gedagte het.

Wie is die skrywer?

Chanell Beukes is ‘n Master Life Coach en die eienaar van LEWAH  Life  Coaching.  Haar  passie  is  om  te  dien  en  ‘n lewenskanaal te wees wat water gee waar sy ook al gaan. Die naam van haar lewensafrigteronderneming, LEWAH, is ‘n akroniem vir LifE With A Heartbeat. Die doel is om mense in elke lewensfase te ontwikkel en in staat te stel om lewe met  ‘n  hartklop  te  leef  deur  verskillende  kursusse  en opleiding  wat  sy  fasiliteer.  Chanell  is  ook  betrokke  by  die aanbied van X3DE jeug- en kinderkampe elke skoolvakansie. Sy hou daarvan om vrou en ma te wees, en beskou dit as haar belangrikste beroep.

Hoe die boek lyk:

Koninkryk Seën-Projek:

Deel asseblief hierdie video!

Kontak ons:

chanell@lewah.co.za